Home / Series / Buurtwag (ZA) / Aired Order /

All Seasons

Season 1

  • S01E01 Episode 01

    • September 30, 2015
    • Showmax

    Die teespoed ry Die Besters al sedert hulle drie maande gelede Kaap toe getrek het, maar niks kon hulle voorberei vir hulle eerste kennismaking met hulle plaaslike buurtwag nie. Tobie arriveer terug in sy ou woonbuurt, maar besef gou dat hy nie meer ‘n verbintenis met die plek het nie.

  • S01E02 Episode 02

    • October 7, 2015
    • Showmax

    Die Besters bak nog in die na-gloed van die groot nuus as realiteit uit die bloute hulle hoog-tackle. Johan sien sy eerste bietjie aksie op buurtwag-patrollie, terwyl Tobie ‘n paar spoke uit die verlede raakloop.

  • S01E03 Episode 03

    • October 14, 2015
    • Showmax

    Die manne stamp kop as Johan ‘n nuwe lid nooi om by die buurtwag aan te sluit. Gert moet sy eie persoonlike rubicon oorkruis, terwyl Tobie die geselskap van ‘n getroude vrou geniet.

  • S01E04 Episode 04

    • October 21, 2015
    • Showmax

    Nes testosteroonbelaaide Johan en Ayanda begin dapper raak op patrollie ontvang hulle, hulle eerste amptelike noodkreet. Daar is groot moleste in die buurt en byna almal word betrek. Tobie se sessies by Frandi stuur hom op sy eie middernagtelike avontuur.

  • S01E05 Episode 05

    • October 28, 2015
    • Showmax

    Die buurtwag kruis uiteindelik paaie met die media, maar leer op die harde manier dat enige PR nie noodwendig goeie PR is nie. Yolandie is nog vies vir Johan oor sy roekelose gedrag tydens “die insident”, al weet sy net helfte van wat regtig gebeur het. Gelukkig steek sy self ook iets weg.

  • S01E06 Episode 06

    • November 4, 2015
    • Showmax

    Yolandie en Frandi besluit om iets te doen oor die grafitti in die buurt. Don kies ‘n baie ongeleë tyd om vir ‘n slag op patrollie te gaan, terwyl Tobie en die laaities se kuiertjie in die parkie ‘n kettingreaksie ontketen wat, soos altyd, by die dam opeindig.

  • S01E07 Episode 07

    • November 11, 2015
    • Showmax

    Ná die manne se onlangse oortredings het Don die soustrein se brieke aangedraai en die buurtwag 'n aansienlik meer bedroewige affêre gemaak. Gert het ‘n splinternuwe plan om sy finansiële probleme oorkom, terwyl Tobie in 'n letterlike kop aan kop botsing met sy toekoms beland.

  • S01E08 Episode 08

    • November 18, 2015
    • Showmax

    Met die buurtwag in flarde volg Don sy ego al die pad na die nuwe buurtwagsambreelorganisasie se eerste vergadering toe. Johan word per ongeluk die spreekbuis vir korporatiewe ontwikkeling, terwyl Tobie vir Lisa 'n piekniek by die dam hou.

  • S01E09 Episode 09

    • November 25, 2015
    • Showmax

    Don en Gert stamp kop oor Tobie en Lisa se middernagtelike streke. Yolandie hou 'n tradisionele sondagmiddagete vir die buurt. Nuwe leidrade lei Kaptein Fredericks na Don se drumpel toe.

  • S01E10 Episode 10

    • December 2, 2015
    • Showmax

    Johan vermy realiteit (en vir Yolandie) deur by Gert en Tobie weg te kruip. Die manne gaan op doellose middagpatrollies terwyl Tobie vir werk soek. Yolandie probeer iets doen oor haar engtevrees.

  • S01E11 Episode 11

    • December 9, 2015
    • Showmax

    Beurtkrag ontwrig die hele buurt en veral die rugby wat almal by Don se huis gaan kyk. Tobie neem Lisa saam op sy twyfelagtige uitstappie. Die manne konfronteer uiteindelik vir Gert oor sy finasnies. Clive spandeer kwaliteit tyd saam met die vroue.

  • S01E12 Episode 12

    • December 16, 2015
    • Showmax

    Die buurt rou. Johan se leuens haal hom uiteindelik in. Die gety draai teen Don en hy neem reg in eie hande. Tobie en Lisa se verhouding neem ‘n dramatiese wending.

  • S01E13 Episode 13

    • December 23, 2015
    • Showmax

    Die buurt het al beter dae gesien. Johan moet sy vrou terug kry, die buutwag red én sy man teen Molendorf staan. Don se kaarthuis tuimel ineen, terwyl Tobie en Lisa groot besluite moet maak.