Marrakesj is dié stad in Marokko om te sien. Die stad lê aan die voetheuwels van die Atlasgebergte en is omring deur palm- en olyfboorde. In die stad is die Medina met sy slangbesweerders, akrobate en hennakunstenaars. Net buite die stad word die Fantasia aangebied. Dis ’n skouspel van dansers, kos, musiek en perderuiters.