Vanaf Nouadhibou in Mauritanië reis die span oos, al langs die spoorlyn wat die ysterertsmyne van Zouîrat verbind met die kusdorp. Hulle is op soek na die wrak van die Pelican 16 – ’n Suid-Afrikaanse Shakleton wat in 1994 in die Wes-Sahara neergestort het. By die wrak word hulle ontvang deur die bevelvoerder van die Polisariomagte in die gebied.