Die span kry uiteindelik hulle voertuie en reis dan noord, na die hoofstad Rabat. Vandaar is dit na die Straat van Gibraltar wat Afrika van Europa skei en dan draai hulle die voertuie se neuse suid. Die volgende stop is die antieke stad Fes, die hart van Marokko. Dis Wêrelderfenisgebied, met sy unieke mark en leerlooiery.