Home / Series / Voetspore / Aired Order / Season 5 / Episode 4

Die Boesmans van Tsumkwe

Sekerlik een van die kleinste grensposte in die wêreld is die een by Dobe, tussen Botswana en Namibië. Maar dis kortpad deur die Kalahari as mens vir die Boesmans van Tsumkwe wil gaan kuier. Die “Gods must be crazy”-wêreld. Die Boesmans in die ooste van Namibië voer tot ’n groot mate nog ’n versamelaar/jagter-bestaan. Na die kuier by Aasvoëlnes is die span na Dorslandboom – een van die reusekremetarte wat in Boesmanland staan. ’n Plek waar die Dorslandtrekkers in die laat 1800’s hulle name op die boom kom uitkerf het.

English
  • Originally Aired April 10, 2009
  • Runtime 24 minutes
  • Network SABC 2
  • Created March 19, 2017 by
    Administrator admin
  • Modified February 16, 2024 by
    tonylogin
Name Type Role
Johan Badenhorst Writer
Johan Badenhorst Director