Home / Series / Voetspore / Aired Order / Season 5 / Episode 3

Ver in die ou Kalahari

Die Kgalagadi-oorgrenspark is die mees suksesvolle van die oorgrensparke in Suidelike Afrika. Dis waar mens ervaar dat wilde diere nie deur landsgrense gestop wil word nie. Die span besoek die park en gaan maak ’n draai in die wildernisgebied van Mabuasehube. Die groot katte – leeus en luiperds – is wat mens kom soek in Mabuasehube. Dis ook waar spanlid Deo Magoye van onskatbare waarde is. Die terrein in die semi-woestyn is soveel anders as Oos-Afrika vanwaar Deo kom, maar ook hier is hy die man wat die leeus en veral luiperd sien op plekke waar ander mense verby ry. Die besoek aan Mabuasehube word afgesluit met ’n tradisionele Voetspore-aandete, voor die span verder noord reis, deur Dorsland, tot naby die grens van Namibië.

English
  • Originally Aired April 3, 2009
  • Runtime 24 minutes
  • Network SABC 2
  • Created March 19, 2017 by
    Administrator admin
  • Modified February 16, 2024 by
    tonylogin
Name Type Role
Johan Badenhorst Writer
Johan Badenhorst Director