Home / Series / Voetspore / Aired Order / Season 5 / Episode 2

Van Pella tot Riemvasmaak

Pella is ’n klein dorpie in Boesmanland waar die Katolieke Sending vir meer as 100 jaar reeds gevestig is. Dis ’n pragtige oase in die woestyn. Die Voetsporespan het by die mense van Pella kom kuier en gaan bly by die gasteplaas Klein Pella, waar die tweede grootste dadelplaas in die wêreld langs die Oranjerivier geleë is. Na die besoek aan Pella is die span via Augrabieswaterval na Riemvasmaak. Die mense van Riemvasmaak is vir ’n tyd lank onder gedwonge verskuiwing verplaas na Damaraland in Namibië en ook na die Transkei in die Oos-Kaap. Dis toe die SA Weermag die gebied nodig gehad het om hulle groot kanonne te toets. Maar die mense van Riemvasmaak het teruggekeer na hulle geboortegrond.

English
  • Originally Aired March 27, 2009
  • Runtime 24 minutes
  • Network SABC 2
  • Created March 19, 2017 by
    Administrator admin
  • Modified February 16, 2024 by
    tonylogin
Name Type Role
Johan Badenhorst Writer
Johan Badenhorst Director