Nadat hulle by die Sao Paulo-lughawe vir Streicher afskeid geneem het, besoek die span eers die gewilde stad Curitiba en gaan dan terug na die kus. Eerstens is dit na die skouspelagtige Florianopolis aan die voet van die 50 kilometer lange Santa Catarina-eiland, en dan na 'n klein kusdorpie waar daar 'n fassinerende praktyk is van dolfyne wat vissers help om vis te vang. Die week word afgesluit by Porto Alegre – 'n stad wat in die maande voor die besoek onder erge oorstromings gely het.