Hierdie week begin by Morro Branco en Canoa Quebrada, laasgenoemde bied die agtergrond vir menige fliek. Dit is 'n skouspelagtige kuslyn. By Galhinos en Galos word die span bederf met uitstekende kookkuns uit die see terwyl 'n plaaslike gids hulle met 'n viool vermaak. Die week bied ook die geleentheid om honderde kilometers op die strand te ry, tot in die stad Natal.