Met die bou van die Aswandam is duisende vierkante kilometer onder water. Van antieke Egipte se grootste tempels, die by Abu Simbel, gebou deur Ramses II, sou vir ewig verdwyn. UNESCO het ingespring om die tempels te bewaar, en het hulle verskuif na die oewers van die dam. Dit was ’n grootse ingenieursprestasie, en vandag kan mens steeds in verwondering staan oor die prestasies van die ingenieurs van duisende jare gelede.