Miljoene flaminke kleur die Nakurumeer in Kenia in pienk, en op die oewers staan die renosters en buffels en wei. Dis ’n wildtuin op die buitewyke van ’n stad. Kenia is een van Afrika se safarisentrums, en Nakuru lok jaarliks duisende besoekers. Die Voetsporespan het ook gaan kuier by Kericho, grootste tee produserende streek in Kenia.