Die laaste skof begin by Sendelingsdrift in die Richtersveld. Die span word ontmoet deur sowat 50 vriende en familie en saam reis hulle na Alexanderbaai om eers te oornag by Noup buite Koingnaas. Daarna reis hulle tot by Lambertsbaai waar Valiant Swart, Ollie Viljoen en Pietman Geldenhuys hulle vermaak by die Bosduifklip. Die laaste dag van die reis van 23000km is die skof tot by Bloubergstrand. Na 96 dae is die manne weer tuis.