Verlede jaar het die Voetsporespan sy rieme styfgeloop by die Doodsakker aan die Angolese kus. Vanjaar moes hulle weer probeer. Hierdie keer is Rico Sakko hulle gids en saam met hom reis hulle gemaklik oor die Akker, al die pad tot by Foz do Cunene en van daar tot by Ruacana in Namibië.