Die span kamp op die strand by die Zulu Restaurant in Lobito en reis dan weer die binneland in, deur digbegroeide reënwoude en verby skouspelagtige watervalle. Daar word kamp opgeslaan langs die Katedraal van Waka Kungu. Dan besoek die Voetsporemanne Brug 14 – een van dei beroemdste veldslae van die 1975 Operasie Savannah en waar daar sommer ’n paar Honoris Crux-medaljes verower is. Dan is dit weer kus toe, na die vakansieplek by Cabo Ledo, waar die kostafels kreun onder die krappe, krewe en garnale.
Name | Type | Role | |
---|---|---|---|
Johan Badenhorst | Writer | ||
Johan Badenhorst | Director |