Home / Series / Voetspore / Aired Order / Season 5 / Episode 7

Vasval in die doodsakker

Die Voetsporespan het vroegoggend vanaf Foz do Cunene vertrek op ’n pragtige sonskyndag. Die seelewe aan die Angolese kus is skouspelagtig. Maar toe tref die ongeluk die span. Oor een gedeelte van die kus kan ”n mens slegs met springgety, laagwater, reis. Die sandduine loop tot teenaan die see. Net een keer per maand kry ’n mens die kans om verby die rotsbank op die strand te kom. Dit was springgety en laagwater, maar die see was omgekrap en selfs met laagwater het die branders tot teenaan die duine gebreek. Die span is vasgevang in ’n 60km strook wat bekend staan as die doodsakker. Hulle het die gevaar geloop om hulle voertuie en al hulle toerusting in die see te verloor en gestrand te sit op die Skedelkus van die Dood.

English
  • Originally Aired May 1, 2009
  • Runtime 24 minutes
  • Network SABC 2
  • Created March 19, 2017 by
    Administrator admin
  • Modified February 16, 2024 by
    tonylogin
Name Type Role
Johan Badenhorst Writer
Johan Badenhorst Director