LM-prawns in Maputu, ’n ferrie-vaart oor die baai, op soek na enkellopende, skugter olifante in die Maputu Elephant Reserve, tot swem saam met die dolfyne by Ponta do Ouro, die Punt van Goud. Suid-Mosambiek is ’n 4x4-vakansiegangersparadys, en dis net om die draai.