Sheridan kry probleme wanneer sy meisie se pa hom met Barbie sien dans. Dis egter niks in vergelyking met Frikkadel se moeilikheid wanneer Poppie ‘n sekere Monica se visitekaartjie in sy beursie ontdek. Monica is ‘n mannejagter wat by die juwelierswinkel werk en Frik moet sy feite agtermekaar kry om weer Poppie se guns te wen.