Die familie en gemeenskap is diep geskok oor die verskriklike gebeure. Issie se broer voel verantwoordelik vir die tragedie. Die plaaslike polisiestasie is nie opgewasse vir die taak om die saak te ondersoek nie.
André neem 'n eed om die skuldige te vang. 'n Familielid word deur die polisie ingeneem vir ondervraging. Kaptein At van Wyk lei die ondersoek, maar maak nie vordering nie.
Geen bewyse verbind die familielid met die moorde nie. André sluit by die polisie aan. In 1984 word die Niggies-saak heropen nadat nuwe inligting aan die lig gekom het. André is by die ondersoek betrokke.
’n Verdagte word ondersoek. André se obsessie met die saak veroorsaak konflik met sy ouers en familie. Gustaff se verhouding met sy gesin bereik 'n laagtepunt.
Die ondersoek is in 'n wedloop teen tyd, aangesien die verdagte binnekort op parool vrygelaat gaan word. Misdadigers teiken André se familie. Die verdagte se ouers word ondervra.