‘n Ontvangsdame word by Wors se werk aangestel, en dit ontstel Molly vreeslik. Sy doen alles in haar vermoë om van die vreemde vrou by Wors se werk ontslae te raak. Theunis en Blapsie maak ook weer op.
Worsie se ma, Ella, maak weer amok! Sy doen iets wat groot nagevolge het en waarvan Molly glad nie hou nie...
Ella dobbel haar woonstel weg en moet by Molly en Wors intrek. Dit veroorsaak groot probleme.
Dit is Molly en Wors se twee-en-twintigste huweliksherdenking en Molly is doodseker dat Wors dit weer sal vergeet, maar nie hierdie jaar nie… Om een of ander rede onthou Wors, en gee selfs vir Molly blomme, ‘n kaartjie en ‘n geskenk.
Ella veroorsaak groot moles by huis Lelieveld wanneer sy ‘n ander vrou se man soen. Dinge raak so erg dat sy weer vir ‘n paar dae by Molly en Wors moet kom bly. Soos altyd veroorsaak Ella se teenwoordigheid moles in die Visagie huis.