Die druk van haar ma en haar hartseer oor Kobus kom uiteindelik by Mercia uit, en wanneer die betogers 'n optrede ontwrig, stap sy eenvoudig van die verhoog af en pak haar tasse om vir Kobus in Israel te gaan soek. Op die lughawe ontmoet sy vir Steve en hulle word vriende. Wessel verlaat die weermag en Andries en Marietjie kom apart om hom huis toe te neem. Wessel besef dat hulle uitmekaar is en stap weg. Leana vat geld vir haar ma, maar Stienie weier om die kontant te vat en sluit haar uit die huis. Nadat Leana en Andries die ooreenkoms oor die nuwe vervaardigingsproses gesluit het, onthul sy dat Steve die kopiereg op die planne besit en dat hy besturende direkteur van die nuwe konsortium sal moet wees. Marietjie is bekommerd dat Wessel nog nie terug is huis toe nie. Wessel gaan bly by 'n ou weermagvriend, Leana se broer, Jack.