Home / Series / Voetspore / Aired Order / Season 10 / Episode 6

Antananarivo en verder Suid

Antananarivo, die hoofstad van Madagaskar, is 'n lewendige stad met 'n polsende ritme. Dit word die beste verken óf te voet óf in een van die vele oulike Citroen- of Renault-taxi's. Die span sluit by die Malgassiese Minister van Toerisme aan by 'n perskonferensie om die belangrikheid van sterk ekonomiese en diplomatieke bande tussen Madagaskar en Suid-Afrika te beklemtoon, en reis dan suid na Antsirabe, die hoofstad van die ambagsmanne van Madagaskar. Hier sien die span eerstehands hoe die Malgassiese ambagsmanne gebruik maak van wat lyk soos puin om die mooiste kunsstukke te skep.

English
  • Originally Aired December 16, 2016
  • Runtime 50 minutes
  • Network SABC 2
  • Created August 2, 2017 by
    Administrator admin
  • Modified February 23, 2024 by
    tonylogin
Name Type Role
Johan Badenhorst Writer
Johan Badenhorst Director