Die span het met die Angolese kus gereis na ’n paar wrakke – skepe wat nie die verwoestende storms van die Atlantiese Oseaan en Skedelkus kon trotseer nie. Daarna was dit ’n besoek aan die Arcomeer – winderosie wat beeldhouer gespeel het in die rotsformasies van Tombua en selfs ’n boog waaronderdeur mens kan loop, uitgekerf het. Maar toe was dit terug na Flamingo vir visvang soos ’n mens dit net in Angola van die strand af kan doen. Die vis word dan voorberei in die heerlikste soesjie en sasjiemie.
Name | Type | Role | |
---|---|---|---|
Johan Badenhorst | Writer | ||
Johan Badenhorst | Director |