Na drie maande op die pad waartydens die span die Mighty Zambezi van bron tot see gevolg het, is dit nou tyd om huis toe te gaan. Dit is 'n lang rit wat baie geleenthede bied om te besin oor 'n uitsonderlike reis. Eers bly die span by Catapu by Ant en Pat White, dan ontspan hulle vir 'n paar dae by Vilanculos voordat hulle die lang pad huis toe vat via Maxixe, Xai-Xia en Komatipoort.