Home / Series / Schuster / Aired Order /

All Seasons

Season 1 - Minireeks

  • S01E01 Aflewering 1

    • October 1, 2025

    Die legendariese Suid-Afrikaanse grapmaker Leon Schuster het deurlopende rugpyn na verskeie rugoperasies en bring die meeste van sy tyd in sy huis deur. Hy besluit om vir die eerste keer sy storie te vertel.

  • S01E02 Aflewering 2

    • October 8, 2025

    Leon Schuster het oor die jare 'n wye verskeidenheid mense met sy poetse uitgevang. Ons kyk terug na van sy gewildstes tydens sy radio- en fliekjare en gesels met diegene wat self sleg gevang was.

  • S01E03 Aflewering 3

    • October 15, 2025

    Schuster se storiefilms het hom selfs méér gewild gemaak en was van die top lokettreffers ooit in die geskiedenis van films in Suid-Afrika. Maar kort voor lank sou sosiale media vir Leon 'n harde hou toedien.

  • S01E04 Aflewering 4

    • October 22, 2025

    Leon het 'n idee vir sy laaste groot poets en sy jarelange medespeler, Shorty, kom kuier. Ons leer die legende se kinders beter ken en vriende en kollegas gee hulle indrukke oor die ware Schuster.

  • S01E05 Aflewering 5

    • October 29, 2025

    Die dag het aangebreek vir Schuster se beplande poets by 'n fees en die senuwees knaag. Die legende openbaar dat hy 'n gebroke hart het en gesels oor die grootste rede hiervoor tydens 'n openhartige gesprek.