Oom Botes en Vissertjie raak in ’n stryery betrokke omdat Oom Botes sy dogter wil beskerm, want hy glo Vissertjie het haar laat glo hy hou van haar.
Soontjie groet mense voordat hulle hul laaste asem uitblaas. Genis wil Soontjie uit die dorp stuur omdat hy glo dit is heksery.
Genis kry ’n uitnodiging wat nie vir hom bedoel is nie. Tydens sy reis het hy baie siek geword en vertel hy sy storie aan sy vriende nadat hy uiteindelik weer kon praat.
Sias lê sterwend, maar hou uit vir die eerste mandjie ryp perskes wat hy eers aan sy geliefde Ester wil gee.
Genis kry kompetisie van ’n ander gelowige wat ’n winkel oopgemaak het, en hy word baie kwaad toe hierdie persoon Kersfeespakkies op die dorp uitdeel.
Veldsman tree as ’n goeie Samaritaan op vir mense wat nie ’n huis het nie, maar hulle raas elke aand klokslag. Wat kan dit wees?
’n Skaam jong man en vrou word deur Aletta aangemoedig om met mekaar te praat, maar dit het nie goed uitgewerk nie.
Genis word verblind met moontlike liefde deur ’n jong vrou en verloor al sy geld by die perderesies.
Josef en sy Griekse vriend, Pappas, kuier al te lekker by twee sussies, maar die een suster raak nie verlief op Josef nie en hy beraam toe ’n plan.
Arme Genis begeer Veldsman se vrou en werp hom weg van haar af elke keer as hy haar sien en sy kan net nie verstaan wat aangaan nie.
Sarel spog met sy motorfiets en ry in Koos se beeste vas en nou is hy in baie groot moeilikheid.
Daar is ’n nuwe skoolhoof aangestel in die dorp en hy wil wraak neem op Genis.
’n Spesiale dogtertjie genaamd Dingetjie kan die natuur uit haar hart hoor en toe ’n boom afgekap word, het sy heeltemal verander.