Frik en sy gesin is terug in Suid-Afrika om sy pa, Derik, se vervoerbesigheid oor te neem. Frik se kinders, Elani en Freek, kom voor persoonlike uitdagings te staan.
Frik moet die gekonkelry by Malan Vervoer se boeke wegsteek. Elani en Freek pak 'n nuwe skooljaar aan. Tessa moet besluit tussen werk en familie. Derik word in die hospitaal opgeneem.
Derik probeer 'n nuwe doelwit in die lewe vind. Elani moet haar vriendskap met Johan beeïndig. Nico begin sy werk as afrigter by die hoërskool en stap koppe meteen van die rugby-pa's.
Malan Vervoer work gekies vir oudit. Frik speel oop kaarte met Tessa. Elani moet vir Johan van haar swangerskap vertel. Nico plaas sy en Lee-Anne se huweliksplanne onder druk.
Dit is Brenda en Derik se 40ste huweliksherdenking. Derik besluit op 'n groot fotosessie van hom en sy kinders. Frik moet moeilike besluite neem om Malan Vervoer te red.
Derik en Frik sukkel om Malan Vervoer aan die gang te hou, terwyl Brenda die waarheid begin uitvind oor die bedrog. Mico en Lee-Anne se verhouding begin wankel.
Konflik tussen Derik en Frik bereik breekpunt wanneer Derik besluit om weer die bestuur van Malan Vervoer oor te neem. Nico loop 'n ou skoolvriendin raak.
Twee belangrike datums in Elani se lewe bots. Freek en Tessa sit vas oor sy biologiese ma. Frik en Derik wil 'n nuwe kliënt oortuig om by Malan Vervoer aan te sluit.
Freek en Tessa ontmoet sy biologiese ma. Elani se eks maak sy opwagting uit London. Nico probeer alles om vir Lee-Anne te oortuig dat hy die man vir haar is.
Die Malans vier Kersfees en Elani sukkel om tussen haar liefde vir Johan en Allen te kies. Derik se gesondheid wankel en Brenda is vreesbevange dat sy haar man gaan verloor.
Lee-Anne en Nico verwag hul eersteling. Derik kry erge nuus oor sy gesondheid. Frik swig onder 'n falende Malan Vervoer terwyl Tessa se loopbaan floreer. Johan breek Elani se hart
Derik steek sy gesondheidsprobleme weg van sy gesin. Nico en Lee-Anne struwel met nuwe ourskap. Malan Vervoer kry 'n terugslag. Freek is terug by die skool en Elani groet vir Johan
Brenda begin 'n besigheid. Elani ontmoet 'n ouer pa van Junior se dagsorg. Frik kry 'n besigheidsaanbod verbind aan 'n kriminele netwerk. Freek ontdek die waarheid omtrent sy biologiese pa.
Derik onthul die waarheid omtrent sy gesondheid. Frik oorweeg Tomma se besigheidsgeleentheid. Lee-Anne se ma kom kuier onverwags. Elani word na Wim se huis genooi
Derik vat die seuns op 'n manne-nweek. Frik maak 'n drastiese keuse oor Malan Vervoer se toekoms. Wim en Elani gaan op hul eerste afspraak. Freek vind uit dat Jessica 'n donker verlede het.
Die Malans moet afskeid neem van 'n geliefde. Johan keer terug van Peru. Lee-Anne moet kies tussen haar werk, en Nina. Frik deel 'n intieme oomblik met 'n ander vrou.
Brenda sukkel om aan te gaan. Tessa vind uit wat Frik Gedoen het. Lee-Anne en Nico probeer hul romantiese lewe hervat. Freek takel vir Thys. Wim ontmoet Elani se ouers.
Tessa en Frik probeer hul huwelik red. Elani besluit om by Wim in te trek. Freek-hulle maak planne om by Thys se huis in te breek. Brenda maak reg vir Italië.
Lee-Anne beland in die moeilikheid by die werk. Freek-hulle beraam 'n nuwe plan om Thys vas te trek. Frik is bekommerd oor Elani se verhouding met Wim.
Brenda keer terug met groot nuus. Frik moet belangrike besluite neem. Nico kry 'n ekstra werk. Elani raak agterdogtig oor Wim. Jessica moet besluit of sy vir Freek-hulle gaan help.
Tessa kry 'n werksaanbod van New York. Nico en Lee-Anne maak reg vir Nina se doop. Frik Sukkel om homself te vergewe. Freek infiltreer Thys se groep. Elani vind die waarheid uit oor Wim.
Dis Kerstyd en Brenda berei voor vir 'n spesiale seremonie. Elani ontmoet vir Johan, terwyl Freek sy groot plan teen Thys uitvoer. Tessa worstel met die skei-kontrak.